School sportSport
Trots en sweet by Ram se massa-landloopbyeenkoms
Laerskool Randfontein se landloopseisoen is in volle swang en die eerste massa-wedloop is agter die rug.
Leerders van Randfontein Laerskool, van jonk tot oud, het onlangs aan hul massa-landloopbyeenkoms deelgeneem.
• Lees ook: Kleurvol en vrolik tydens RAM se massa-landloop
Annie Nolan, skoolwoordvoerder, het gesê die dag het glad verloop met die verandering na ‘n nuwe roete.
RAM het ‘n paar top-landloopatlete en die resultate was uitstekend.”


Sy het bygevoeg dat die leerders uithouvermoë getoon het, maar meer belangrik, hulle het dit geniet.
Die top ses atlete van elke ouderdomsgroep sal dan deel wees van die skool se landloopspan vir die seisoen.
Ons sien uit na ‘n wonderlike landloopseisoen,” het Annie afgesluit.



At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



