EntertainmentLifestyle

Die Kannie Warries gaan groot

Hulle is vroeër vanjaar vir 'n Ghoema genomineer en dit lyk of hierdie groep nog ver gaan gaan in die musiekindustrie.

Die Kannie Warries Dansorkes bestaan uit ses lede en elkeen glo dat hulle geseënd is om saam in dié energieke orkes te kan optree.

Die orkes het al by verskeie groot geleenthede opgetree en selfs al die eer gehad om die verhoog met bekende sangers soos Manie Jackson, Leanie May, Zak van Niekerk, Wicus van der Merwe en Sorina die Flooze te deel.

Die orkeslede is Oubaas Joubert – ritmiese-basspeler, Danie Heunis – basskitaarspeler, Rudi Jooste –kitaarspeler, Jurg Basson – banjospeler, Ria West – ritme kitaarspeler en Marius van der Merwe wat die dromme laat raas.

Alhoewel die Kannie Warries meestal boeremusiek speel, is hulle ook gaande om so af en toe ‘n lekker rock-‘n-roll nommertjie te tokkel.

Elke lid van dié energieke boereorkes geniet dit vreeslik om musiek te maak en sien dit as ‘n voorreg om hul talente te gebruik om ander mense se dag op te helder.

Hulle is vroeër vanjaar vir ‘n Ghoema genomineer en dit lyk of hierdie groep nog ver gaan gaan in die musiekindustrie.

Vir meer inligting, skakel gerus die orkesleier, Jurg Basson by 073 432 6928.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button