EntertainmentLifestyle

Plaaslike filmvervaardigers maak opslae

Plaaslik vervaardigde fliek, Zama Zama, maak groot opslae in die filmwêreld.

Twee plaaslike filmvervaardigers, Lukas van der Merwe en Bertus van der Waldt, spog vanjaar met hul eerste toekenning vir hul vollengte film, Zama Zama, wat tydens die Jozi Film Fees as die ‘Best Feauture Film’ aangewys is.

Volgens Lukas is Zama Zama die eerste vollengte film wat hy vervaardig het. Hy vertel dat hy nooit gedink het dat dié film sulke groot opslae in die Suid-Afrikaanse filmbedryf sou maak nie.

“Ons het baie van die tonele in dié film in Randfontein en die omliggende areas opgeneem.

“Dit was ook vir my ‘n groot voorreg om my seun, Wiehan as deel van die groep akteurs op die stel te hê.

“Ek is baie trots op die film en die aftrek wat dit by elke filmfees geniet,” vertel Lukas.

Zama Zama handel oor Malcolm Phiri, die hoofkarakter, wat onglangs ‘n goudmyn saam met ‘n groep aandeelhouers gekoop het.

Malcolm is trots op die feit dat hy uiteindelik dié prestasie in sy lewe kon bereik.

“Hy vind ook vinnig dat die Sandton kollig op hom is tydens die bekendstelling van sy nuwe Ubuntu Myne.

“Tog word die feesvieringe kortgeknip nadat hy uitvind dat Zama Zama’s – onwettige myners — in sy myn delf.

Malcolm reageer vinnig en staan op teen dié groep Zama Zama’s.

“Die storielyn is baie sterk geskryf en het soveel op in ons alledaagse lewe.

“Dit is een van die faktore wat bygedra het tot die groot sukses wat die film tans geniet,” vertel Lukas.

Behalwe vir die puik toekenning wat die film by die tweede Jozi Film Fees ontvang het, is die film ook in drie Afda filmkategorië genomineer.

Lukas vertel dat hulle die film ook vir die Afrika Filmfees ingeskryf het en glo dat hy daar net soveel prys sal geniet.

Zama Zama sal gedurende Aprilmaand op DVD beskikbaar wees.

Lukas vertel dat hulle reeds ‘n volgende film beplan en glo, hoop en vertrou dat hul volgende films net so suksesvol soos Zama Zama sal wees.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Johan Meyer

"Johan is an internationally published journalist and editor with extensive experience in news and industry reporting. His work has featured in numerous publications over the years. He cut his teeth at the Roodepoort Record and Northside Chronicle as proofreader, swiftly progressing to junior journalist. He later joined Randfontein Herald as journalist and eventually worked his way up to becoming editor. During his years away from Caxton, he fulfilled journalist and editor positions for various industry publications at the once mighty Malnor Media House right up to their closure in 2019. This position saw him traveling all over the world on writing assignments. Since 2019, he has worked as a freelancer for various publishing houses, and had a year-long stint as senior editor for a large stable of retail and medical B2B titles, until rapid growth of his own small business required his fulltime attention. At the end of 2023, with his own business now fully staffed, Johan decided to dedicate himself to his first love, working as a local journalist for the good of his community. "

Related Articles

Back to top button