HS Eldoraigne in top drie van Wiskunde Olimpiade
Met die 2019 Wiskunde Olimpiade behaal die skool ’n algehele derde plek in Gauteng.

Hoërskool Eldoraigne skryf elke jaar gemiddeld 50 leerders van graad 8–12 in om deel te neem aan die Nasionale Wiskunde Olimpiade.
Die skool is sterk in wiskunde met geen druipelinge in matriek nie.
Met die 2019 Wiskunde Olimpiade behaal die skool ’n algehele derde plek in Gauteng.
Elnette van den Berg en Francois Schutte, albei in graad 9, ontvang elk ’n toekenning vir die top drie junior leerders in Gauteng.
Zander Hanekom (gr. 12) behaal ’n toekenning vir die top drie senior leerders. Hanekom voltooi matriek met agt onderskeidings en studeer vanjaar aktuariële wetenskap by die Universiteit van Pretoria.
Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? Stuur gerus vir ons ‘n epos na [email protected] of skakel ons by 072 435 7717.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.