Dag vol pret en kaskarre
Laeskool Tuine leerlinge en ouers geniet 'n dag vol pret en vermaak by die skool se kaskar dag.

Leerlinge van Laerskool Tuine het Vrydagmiddag hulle jaarlikse kaskar-byeenkoms gehou om fondse in te samel vir die skool.
Die leerlinge van graad RRR tot graad 7 het ‘n volgens ‘n spesifieke tema aangetrek wat gewissel het van Spongebob, Mickey Muis, tronk voëls en baie meer.
Volgens onderwyseres, Ilse Wiechers, het ouers het ‘n groot rol gespeel om die mooi en interssante kaskarre te bou wat by die by tema gepas het wat elke klas gegee was.
“De kaskarre wat die ouers gemaak het was besonders en ons steun geweldig op die ouers van ons leerlinge by die skool.”
Die klas wat die beste kaskar gehad het en aangewys was as die wenner van die mees kreatiewe kaskar was die graad 3 klas. Die graad 5 klas was tweede en die graad 2 en 6 klasse was tesame as die derde plek wenners aangekondig.
Die dag was vol pret en vermaak en beide ouers en kinders het die dag geniet.
Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerwe:
Besoek ook ons Facebook en Twitter blaaie.
Is jy passievol oor jou gemeenskap? Teken in op ons splinternuwe nuusflitse. Stuur ‘n epos met die woorde ‘Teken aan’ na [email protected] om jou nuusflits gratis te ontvang.


