Hoërskool Zwartkop Matriekklas van 2025
Matriekklas van 2025 julle maak ons trots met julle puik uitslae. Ons weet julle is slaggereed om die volwasse wêreld aan te pak. Hoërskool Zwartkop is opgewonde oor die nuwe hoofstuk in julle lewe.

Zwarrie-matrieks spog met mooi uitslae
Die matriekleerders (2025) van Hoërskool Zwartkop het Dinsdagoggend, 13 Januarie, na groot afwagting hul matriekuitslae ontvang.
Hierdie groep, wat bestaan uit 342 leerders, se harde werk het 792 vakonderskeidings verseker met ’n 100% slaagsyfer.
13 Leerders het ’n gemiddeld van bo 90%, 75 leerders behaal ’n gemiddeld bo 80% en 178 leerders het ’n gemiddeld bo 70%. Dit wil gedoen wees.
Ruben Claassens en Elizma le Roux het uitsonderlik goed gevaar en spog met 9 onderskeidings elk. Ruben gaan BSc in Aktuariële Wiskunde aan die Universiteit van Pretoria studeer en Elizma gaan Medies aan die Universiteit van Pretoria studeer. Christiaan de Wet, Stefan du Randt, Wian Koegelenberg, Alicia Kruger, Michael Muller, Tiaan Grobler, Tamzyn Milne, Ruan Oosthuizen, Marlu Potgieter, Heleen Rossouw, Carel van der Merwe, Christian Smuts, Isabella Weber, Zandré van Staden trots met 8 onderskeidings elk.
Daar is ook ’n hele rits Zwarries wat dit reggekry het om 7 onderskeidings in te palm.
Hierdie leerders is Johnathan de Clerk, Marcel van Sittert, Mia Vosloo, Sybrandt Stadler, Andrea Tselepis, Dian Jacobs, Moné Hough, Zander Potgieter, Zelri Myburgh, Barend Greyling, Mieke Loock, Jacques Faure, Francois Conradie, Anika Voges, Jaydon Coetzee, Charlene Botes
Verder spog die Zwarrievolk met:
16 leerders wat 6 onderskeidings behaal
15 leerders met 5 onderskeidings en
20 leerders met 4 onderskeidings elk.
Ons is ongelooflike trots op elke matriekleerder van 2025 en wens jul alle sterkte en voorspoed toe vir die toekoms.
