Local newsNews

Eenhede wys veiligheid begin by elke leerder

Moot-leerders het by twee skole eerstehands kennis gemaak met gespesialiseerde polisie-eenhede.

Pretoria Moot-polisie het saam met Unchain Our Children en verskeie gespesialiseerde SAPS-eenhede tydens September twee Pretoria-laerskole besoek om leerders oor persoonlike veiligheid, die bekamping van afknouery, respek vir grense in verhoudings en misdaadvoorkoming in te lig.

Die Pretoria Moot Gesinsgeweld-, Kinderbeskermings- en Seksuele Misdrywe-eenheid het die bewusmakingsinisiatief by Voorpos Primêre Skool in Waverley en Pierneef Primêre Skool in Villieria aangebied.

Die eenheid is deur die polisie se Lugvleuel, Soek- en Reddingshonde-eenheid, Watervleuel, Berede-eenheid en die Buro vir Vermiste Kinders ondersteun.

Tilanie Neethling, Nicky McDonald, Melani Smit en Wayne van Onselen. Foto: Verskaf.

Noodmediese dienste en private sekuriteitsmaatskappye het ook aan die program deelgeneem.

Volgens adjudant-offisier Frans Spang, polisiewoordvoerder, het die leerders vrylik met beamptes gesels en hul eie ervarings en vrae gedeel.

“Die besoeke was daarop gerig om kinders praktiese kennis oor hul eie veiligheid te gee en hulle bewus te maak van wat hulle kan doen wanneer hulle ongemaklik of onveilig voel,” verduidelik Spang.

Daar is ook verduidelik hoe voorvalle by die polisie aangemeld kan word. “Die fokus was daarop om leerders te help verstaan dat hulle oor veiligheidskwessies kan praat en hulp kan soek wanneer hulle dit nodig het,” sê Spang.

Die verskillende eenhede het tydens die besoeke hul vaardighede en rolle aan die kinders bekendgestel. Leerders kon die beamptes ontmoet, vrae vra en meer uitvind oor die werk wat deur die onderskeie eenhede verrig word.

Die teenwoordigheid van die gespesialiseerde eenhede het die kinders ook die geleentheid gegee om direk met polisiebeamptes te kommunikeer.

Moot-leerders het by twee skole eerstehands kennis gemaak met gespesialiseerde polisie-eenhede en geleer oor persoonlike veiligheid, bekamping van afknouery, respek vir liggaamsgrense, misdaadvoorkoming en hoe om veiligheidskwessies aan te meld. Foto: Verskaf

Die betrokkenheid van Noodmediese Dienste en private sekuriteitsmaatskappye het verskillende veiligheidsdienste by dieselfde program byeengebring. Leerders kon sodoende kennis maak met verskillende rolspelers wat betrokke kan wees wanneer ’n veiligheids- of noodgeval ontstaan.

Volgens Spang het die program ook aandag gegee aan die rol wat kinders self in misdaadvoorkoming kan speel.

By beide skole het die kinders die geleentheid gehad om met die polisiebeamptes te kommunikeer. Die gesprekke het ruimte gebied vir vrae oor die verskillende eenhede en die dienste wat hulle lewer.

Het jy dalk meer inligting rakende dié storie? 

Stuur gerus vir ons ‘n epos na  [email protected] of skakel ons by 083-625-4114.

Vir jou daaglikse gratis gemeenskapsnuus, besoek Rekord se webwerf: Rekord

Besoek ook ons Facebook, Twitter en Instagram en TikTok en WhatsApp Channel

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Elize Parker

Elize Parker is a senior journalist with more than 25 years of experience covering especially environmental, municipal and profile articles. She writes investigative reports, profiles, social articles and consumer related articles and also does photographs and multimedia to go with these. Previously she worked as a news editor for a radio station, news reader, a magazine journalist with women’s magazines and as a column writer.
Back to top button