Local newsNews

Vrou sterk aan ná gru-ongeluk

Natashka van der Walt wat in 'n erge motorongeluk met sanger Arno Jordaan se broer Dewald was, is reeds weer haar ou self.

Natashka van der Walt wat twee weke gelede in ‘n gru-ongeluk betrokke was op De Villebois Mareuilweg sterk goed aan in die neurologiese waakeenheid van die Milpark-hospitaal.

Sy sukkel steeds om haar regterbeen te beweeg, maar daar word vertrou met die regte terapeutiese behandeling sal sy weer kan loop.

Van de Walt het verskeie operasies die afgelope naweek ondergaan en dokters is tevrede met haar vordering.

Ysterpenne is in haar rug en haar bene ingeplant ná die kop-aan-kop botsing met die broer van sanger Anton Jordaan, Dewald.

Volgens Van der Walt se ma, Corné, is haar 21-jarige dogter weer in goeie luim en gesels sy graag.

“Ek is so bly om my kind weer terug te kry na die aaklige ongeluk. So baie mense het vir ons gebid en ons is dankbaar vir die ondersteuning wat ons uit Pretoria gekry het.” Sy het bygevoeg dat Natashka se pa, wat werksaam is op ‘n olieboor in Kuweit, dié week sy dogter vir die eerste keer sal sien na haar ongeluk.

“Haar pa kon nie vroeër by haar uitkom nie. Hy kan nie wag om sy meisiekind te sien nie,” het sy aan Rekord gesê.

Van der Walt sou op 2 November in die huwelik tree met Jacques McClinpock, maar die troue is vir eers afgestel om haar kans te gee om te herstel.

Jordaan is voor die naweek reeds uit die hospitaal ontslaan en sterk tans tuis aan. Die oorsaak van die ongeluk word steeds ondersoek.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button