Local newsNews

Modelmooi-geleentheid vir alle vroue

Willa Krause mooimaak-sessie 'n mòet vir elke vrou.

’n Praktiese stap-by-stap grimeer- en voorkomswerkswinkel ten bate van ’n goeie doel vind binnekort plaas.

Dié insiggewende werkswinkel deur Willa Krause Velsorg bied vroue die geleentheid om die geheime agter goeie velsorg en grimering te ontdek.

Tania van Huyssteen, ’n opgeleide somatoloog, gaan gedurende die werkswinkel die nuutste grimeertegnieke demonstreer en die moets en moenies van skoonheid verklap.

Vroue gaan boonop met ’n persoonlike kleuranalise, wat elkeen se korrekte onderlaagkleur en kleurpalet vir grimering bepaal, getrakteer waarna elke vrou ’n gratis onderlaag volgens hul persoonlike kleuranalise ontvang.

Dié Modelmooi-geleentheid vind op 1 November plaas en is ten bate van die drie-jarige Juneldé van Loggerenberg van Eldoraigne, wat vroeër vanjaar byna verdrink het, om haar gesin te help met die mediese onkostes.

Die geleentheid sluit ook ’n inspirerende praatjie deur Ds. Liesel Krause-Wiid in, wat haar wyshed oor innerlike skoonheid gaan deel.

Modelmooi vind 1 November vanaf 08:30 vir 09:00 tot 14:00 by die Krause-Wiid Landgoed plaas. Kaartjies, wat R295 per persoon beloop, sluit ’n heerlike kuier, smaaklike middagete asook ’n gratis Willa Krause-onderlaag ter waarde van R340 in.

Navrae: Om kaartjies te bespreek bel Rhonel van Loggerenberg (Juneldé se ma) by 082-938-7817 of Alana du Preez by 082-901-0025 of stuur ’n e-pos na rhonelvl@gmail.com.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.
Back to top button