NewsSchoolsSport

Lojale matriekdogter wen motor

’n Matriekdogter aan die Hoërskool Garsfontein wen ’n splinternuwe Toyota Etios.

Lojaliteit en pligsbesef kan soms groter beloning bring as wat ’n mens sou verwag.

Die bewys hiervoor is die feit dat Caro Brits, ’n matriekdogter aan die Hoërskool Garsfontein, die eienaar is van ’n splinternuwe Toyota Etios.

Om geld in te samel vir die finansiering van sportprojekte by die skool het die fondsinsamelingskomitee vanjaar ’n opwindende kompetisie aangebied, waarin enige koper van ’n kaartjie van R50 dié pragtige motortjie kon wen.

Leerlinge van die skool is gevra om te help met die verkoop van die kaartjies en daar is van elke leerling verwag om ten minste een boekie met tien kaartjies daarin gebind te verkoop. ’n Elfde bonuskaartjie in hierdie boekies sou dan die leerling se beloning wees om self ’n kans te staan om die kar te wen as hy die ander tien kaartjies verkoop het.

Caro Brits, ’n matriekleerling aan Garsfontein Hoërskool het vinnig ’n plan beraam met haar boekie toe sy haar vriend, wat reeds klaar is met skool, omgepraat het om al tien die kaartjies by haar te koop. Hy het dit gedoen en haar toe aangemoedig om haar naam op al die kaartjies in te vul, sodat sy ’n groter kans kon staan om die motor te wen.

’n Paar dae voor die afsnydatum vir die verkope van kaarties het Caro uitgevind haar broer, wat vanjaar in graad 8 aan Hoërskool Garsfontein is, nog nie ’n enkele kaartjie verkoop het nie. Om verleentheid te vermy het sy toe haar broer se kaartjies oorgeneem en dit met haar sakgeld gekoop, waarna sy weer haar naam op al die kaartjies kon invul.

Caro se lojaliteit teenoor haar skool het toe vir haar groot geluk gebring, want op die dag van die trekking is haar naam uitgelees as die wenner van die motor.

Met die oorhandiging van die sleutels het die 18-jarige Caro aan Rekord gesê dat sy nog nie ’n bestuurderslisensie het nie, maar dat dit nou beslis hoog op haar prioriteitslys gaan wees, sodra sy die matriekeksamen agter die rug het. Sy wil volgende jaar in die onderwys studeer.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button