CrimeNews

Gerugte oor ontvoeringsindikaat is vals

Die polisie ontken enige berigte wat op sosiale netwerke rondgaan rakende ‘’n vrou wat moontlik betrokke is by ‘’n kinder-handel sindikaat.

Gerugte wat al sedert die begin van verlede jaar die rondte doen oor ‘n vrou wat deel is van ‘n kinderontvoeringsindikaat is geheel en al vals.

Die gerugte wat deur middel van die Internet op epos, op selfoonnetwerke soos BBM, sms, Whatsup en briewe versprei word, se oorsprong is onbekend.

Volgens die gerug is die vrou in haar sestigs, het sy rooi hare, ‘n manlike medepligtige en ry hulle in ‘n wit Ford Ranger. Die storie loop dat sy glo ’n kinderoppasser by ’n Spur in Ruimsig, Johannesburg, R2 000 aangebied het om ’n kind vir haar oor ’n muur aan te gee. Kinders tussen vyf en sewe word glo geteiken.

Maar dié restaurantgroep het die bewerings ten sterkste ontken. “Indien daar so ’n voorval was, sou ons die publiek dadelik in kennis gestel het,” het John Fuller, vennoot van die Spur-groep, gesê.

Die polisiewoordvoerder, lieutenant-kolonel Katlego Mogale, het gesê die storie is van alle waarheid ontbloot.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button