CrimeNews

Polisie soek steeds na rowers wat toeriste oorval het

Drie gewapende mans wat ’n groep Chinese toeriste in hul toerbus Donderdag buite Pretoria van die pad af gedwing en hulle beroof het, is steeds soek.

Die polisie is Vrydag steeds op soek na drie gewapende mans wat ’n groep Chinese toeriste in hul toerbus Donderdag buite Pretoria van die pad af gedwing en hulle beroof het.

Sers. Obakeng Mabaso, Gautengse polisiewoordvoerder, het gesê dié gewapende mans het Donderdag in ’n wit Audi met die registrasienommer XYK 841 GP op die bus op die N4 buite Pretoria losgebrand, die bande stukkend geskiet en die toeriste in die bus oorval en hul van hul besittings beroof .

“Die mans in die Audi het op die bus geskiet en dit tot stilstand gedwing. Hulle het in die bus geklim en op die toeriste se besittings aangedring,” het sy gesê.

Volgens Mabaso is die rowers weg met selfone, kameras, horlosies, handsakke en van die toeriste se paspoorte.

Mabaso het gevra dat enigiemand wat dié Audi sien, Crime Stop by 08600 10111 bel of Crime Line by 32211 SMS.

Lees ook:

Rowers brand los op bus vol internasionale toeriste

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Corné van Zyl

Corné van Zyl is a seasoned journalist and currently a senior reporter at Rekord, with a wealth of experience across various media platforms. She began her career after studying journalism at the Tshwane University of Technology (TUT) and first honed her skills at Media24. Corné’s career took her to Beeld, Sondag newspaper, and the South African Press Association (SAPA), where she built a strong foundation in news reporting. In her free time, Corné enjoys spending time with her family outdoors, embracing life and creating lasting memories with her loved ones.
Back to top button