CrimeNews

Rowers sak wéér toe op selfoonwinkels

Rowers het met voorraad ter waarde van R290 000 weggekom tydens ’n besigheidsroof in Centurion Mall.

Rowers het wéér Woensdag op ’n selfoonwinkel in Centurion Mall toegesak.

Drie gewapende rowers het om 10:00 die Cell C-winkel, op die onderste vloer van die winkelsentrum, binne gegaan. ’n Vierde man het buite die winkel gestaan terwyl nog ’n man buite die winkelsentrum in ’n voertuig gewag het.

Daar was drie kliënte in die winkel en hulle is saam met die personeel agter in die stoor aangehou.

Niemand is tydens die voorval beseer nie.

Volgens adjudant-offisier Antoine Botha van die Lyttelton-polisie het die rowers weggekom met voorraad ter waarde van R290 000.

Die winkel het net die vorige dag voorraad ontvang.

Die selfoonwinkel was vir die res van die dag gesluit vir die publiek. Cell C-hoofkantoor het gesê hulle wil nie kommentaar lewer terwyl die saak ondersoek word nie.

Die sentrumbestuur van Centurion Mall het teen tyd van publikasie ook nie kommentaar gelewer nie.

Volgens Botha was die mans vermoedelik betrokke in ’n besigheidsroof in Midrand vroeër vanjaar.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button