CrimeNews

Dwelmhandelaars voel langarm van die gereg

Vier dwelmhandelaars is onlangs in Les Marais aangekeer ná afloop van misdaadoperasie.

Die vinnige optrede van die polisie en knap speurwerk het weer tot die inhegtenisneming van vier dwelmhandelaars in Les Marais gelei.

In ’n gesamentlike misdaadsvoorkomingsoperasie tussen Wonderboompoort-polisie, die gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en die Gauteng K9-eenheid, op Maandag, is vier verdagtes tussen die ouderdom van 28 en 36 jaar in hegtenis geneem.

Volgens adjudant-offisier Wanda Olivier het die polisielede ’n verdagte Atos verby hulle sien ry. Hulle het die voertuig agtervolg, afgetrek en agt pakkies CAT ter waarde van R2 400 in hul besit gevind.

Die twee verdagtes in die Atos het die beskrywing gepas van misdaadinligting wat die lede oor ’n tydperk versamel het. Hulle albei is vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Nadat die twee verdagtes in hegtenis geneem is het die lede ’n blou Palio opgemerk en hulle op die hoek van 4de Laan en Meyerstraat afgetrek en deursoek.

’n Verdere twee arrestasies is uitgevoer nadat die polisie die verdagte Palio deursoek het. “Daar word vermoed die verdagtes het ander voertuie gebruik om verskeie dwelmaflewerings in die omgewing te maak.”

Adjudant-offisier Daniel Bruwer en konstabel Larissa Laas het die Palio deursoek en onbekende wit poeier wat onder die ratkas weggesteek is ontdek. Albei verdagtes is ook vir die besit van dwelms in hegtenis geneem.

Die forensiese afdeling het die wit poeier verwyder.

Al vier verdagtes sal binnekort in die hof verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button