CrimeLocal newsNews

2-jarige verdrink in swembad

’n Egpaar van Pretoria se paasnaweek het op ’n tragiese noot afgeskop toe hul twee-jarige seun Donderdagmiddag in ’n swembad verdrink het. Volgens polisiewoordvoerder Kaptain Marissa van der Merwe, het die seun se oom hom om 15:40 in die swembad sien dryf en dadelik na die naaste kliniek gejaag waar hy om 17:10 dood verklaar …

’n Egpaar van Pretoria se paasnaweek het op ’n tragiese noot afgeskop toe hul twee-jarige seun Donderdagmiddag in ’n swembad verdrink het.

Volgens polisiewoordvoerder Kaptain Marissa van der Merwe, het die seun se oom hom om 15:40 in die swembad sien dryf en dadelik na die naaste kliniek gejaag waar hy om 17:10 dood verklaar is.

Die seun het by sy oom in Silver Stream Estate, Silver Lakes, gekuier.

Die seun sou op 5 Mei drie jaar oud geword het.

’n Geregtelike doodsondersoek is by Boschkop polisie stasie oopgemaak.

Die familie was te getraumatiseerd om met Rekord te praat.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button