CrimeLocal newsNews

Nog ’n dwelmhandelaar agter tralies

Nog ’n dwelmhandelaar van die straat af nadat parate polisiebeamptes hom met 410 pakkies Nyaope betrap het.

Die Villieria-polisie het verlede Vrydag sowat 410 pakkies nyaope (’n mengsel van dagga en goedkoop heroïen) ter waarde van R12 300 gekonfiskeer.

Tydens ’n roetine patrollie het die polisie ’n man omstreeks 10:00 met ’n verdagte pakkie in sy hand by ’n vulstasie in Codonialaan opgemerk. Hy het glo ’n saamrygeleentheid by verskeie motoriste gesoek.

“Die polisie het die verdagte genader en hom deursoek waar hulle die 410 sakkies nyaope in ‘n pak skyfies ontdek het. Hy is vir die handel van dwelms in hegtenis geneem,” het kolonel Lerato Mashego van die Villieria-polisie gesê.

Die verdagte sal binnekort in die hof verskyn.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button