Bekendes tree op by Pierneefteater
Twee gelukkige lesers kan dubbelkaartjes wen om die Two Cowboys-vertoning te sien.

Wie kan dan nou die name Billy Forrest, Bobby Angel, Dennis East en Eddie Eckstein vergeet. Dié bekende viertstuks is op 23 Mei by die Pierneefteater in Two Cowboys, ‘n rock-vertoning soos geen ander nie, te sien en aanhangers sal moet gou spring vir kaartjies.
Forrest en Angel vertolk die rolle van twee ‘cowboys’, Dennis East is die ‘rocker’ en Eddie Eckstein is die grapjas. Dalene is ook as die dame en Esmond as die ‘laaitie’ te sien.
Die sangers sal ook van hul gewildste treffers en gunstelinge oor dekades sing.
Dié vertoning beloof heerlike musiek vir jonk en oud.
Twee gelukkige lesers kan dubbelkaartjes wen om die Two Cowboys-vertoning op 23 Mei by die Pierneefteater by te woon. Om in te skryf, SMS die woord ‘COWBOY’ en jou naam en van na 42282. Die kompetisie sluit op 22 Mei om middernag. SMSe kos R1.50. Gratis SMSe kwalifiseer nie.
