NewsSchoolsSport

Centurion stoei-ster oppad na wêreldkampioenskappe

Jong stoeier van Centurion is gekroon as Afrika Kadette Stoei-kampioen en oppad na die Wêreld Stoei-kampioenskappe in Julie.

Die 16-jarige Reynhardt Louw is vanjaar as die Afrika-kampioen gekroon nadat hy onoorwonne uit die stryd by die Afrika Kadette Stoei-kampioenskap uitgetree het.

Louw, ook bekend as ‘Leeu’ vir sy krag, moed en deursettingsvermoë op die mat, het as lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale Kadette Stoeispan in Mei na Alexandrië in Egipte gereis. Louw het as Kadet (ouderdom 16 en 17) in die o.54kg gewigsgroep deelgeneem.

Met hierdie prestasie kwalifiseer Louw om in Julie aan die Wêreld Stoei-kampioenskap in Slowakye deel te neem. Louw sal ook die geleentheid gegee word om deel te neem aan die Jeug Olimpiese Spele wat in November in Nanjing, China plaasvind.

Leanco Stans ook van Gauteng-Noord en Elbert Steyn van Limpopo het ook goue medaljes gewen en sal Louw na die spele vergesel. Wihan van Schalkwyk het die vierde goue medalje vir SA ingepalm in ’n gewigsgroep wat nie in die spele voorkom nie.

Louw, ’n graad 11-leerling by Hoërskool Zwartkop, stoei al vandat hy sewe jaar oud is. In die tyd is hy 11 keer as die Suid-Afrikaanse kampioen gekroon in Vrystyl, Grieks-Romeins en Presidente-stoei waar hy teen ouer mededingers gekompeteer het. Hy het reeds 20 goue medaljes op provinsiale vlak gewen en in 2013 was hy by die nasionale stoeispan ingesluit wat deur Amerika getoer het en aan die wêreldkampioenskap in Serwië deelgeneem het.

Neels de Jager, die hoofafrigter van die Centurion Stoei Gimnasium, rig Louw af.

Die voorsitter van die gimnasium, Ben Cilliers, het groot bewondering vir Louw. “Mens kry harde werkers wat nie kampioene word nie, maar jy kry nie kampioene wat nie harde werkers is nie. Louw is ’n toegewyde harde werker, asook ’n inspirasie en rolmodel vir baie van ons jong stoeiers,” het hy gesê.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button