CrimeLocal newsNews

Rowers in polisie-uniform roof

Rowers gee hulself voor as polisie en roof inwoners van hulle wapens.

Wolwe in skaapsklere dwaal in die strate van Akasia rond met rowers wat hulleself as polisie voorgee.

’n Gesin in Theresapark is Dinsdagaand deur rowers geflous toe ses mans in SAPS-uniforms hulle gedwing het om op die grond te lê sodat hulle die huis vir dwelms kon deursoek.

Volgens die Akasia-polisie se woordvoerder, Riana van Aarde, het die mans die gesin opdrag gegee om hul hek vir hulle oop te maak.

Die rowers, wat vermoedelik gewapen was, het die familie beveel om op die grond te lê terwyl hulle hul huis vir dwelms deursoek.

“Die rowers het vuurwapens geroof en gevlug,” het van Aarde gesê.

Van Aarde het gesê die polisie is besig om die saak te ondersoek.

Sy het ook gesê dit blyk asof die rowers êrens polisie-uniforms in die hande gekry het, en ‘n blou lig op hul voertuig aangebring het.

“Dit is glad nie duidelik waar hierdie mense die uniforms gekry het nie.”

Van Aarde het gesê mense moet onder geen omstandighede onbekende persone toegang tot hul huise verleen nie.

“Wanneer iemand beweer dat hulle van die polisie is, moet mense eers hul naaste polisiekantoor bel om te bevestig of hulle wel van die polisie is.”

Sy het ook gesê dat mense die reg het om die polisie vir identiteitsdokumente te vra.

“Elke polisielid het ‘n kaart wat hulle as sodanig identifiseer. As daar geen rede is dat die polisie jou moet ondersoek nie, dring dan aan hom hul kaarte te sien.”

Verder het sy gesê dat elke polisievoertuig gemerk is met die area waarin hulle funksioneer en dat mense altyd op die uitkyk moet wees vir daardie merk.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button