Allawêreld, jul lyk mooi!
Die leerlinge van Laerskool Lynnwood het onlangs in hulle mooiste uitrustings gepronk en kon nie wag om te sien wie as die mooistes by dié skool gekroon sal word nie. Frankryk, Amerika, Spanje en elke denkbare land was verteenwoordig as deel van ‘n spog Mnr en Mej Lynnie-kompetisie wat almal nog lank sal onthou. Die …
Die leerlinge van Laerskool Lynnwood het onlangs in hulle mooiste uitrustings gepronk en kon nie wag om te sien wie as die mooistes by dié skool gekroon sal word nie. Frankryk, Amerika, Spanje en elke denkbare land was verteenwoordig as deel van ‘n spog Mnr en Mej Lynnie-kompetisie wat almal nog lank sal onthou. Die leerlinge is aangemoedig om hulle soos die inwoners van lande van die wêreld aan te trek en die tema vir die dag was ‘Allawêreld’. Die kompetisie het ook met beoordeelaars soos Fanie de Villiers, Johan Scholtz, Christi Panagio, Annemicke Kotzé van Hoofmeisie-faam, Cheri van Aswegen, Charné Marwick en natuurlik die skool se Mnr SA-finalis, Morné Emery, gespog.
