CrimeNews

Sigarette-kapers opgespoor

Beweerde sigarette-kapers op Woensdagoggend in Eersterust vasgetrek.

Twee mans is Woensdagmiddag in Eersterust oor die besit van gesteelde sigarette van R500 000 in hegtenis geneem.

Polisiewoordvoerder Kolonel Noxolo Kweza het gesê die twee mans word daarvan verdink dat hulle betrokke was by die kaping van ‘n vragmotor met sigarette Woensdagoggend omstreeks 08:00 in Lyttleton, Centurion.

’n Gedeelte van die sigarette is opgespoor, maar die gekaapte trok word nog vermis.

Kwexa het gesê die polisie het inligting opgevolg wat hulle na ’n huis in Eersterust, noord van Pretoria, gelei het. “Die polisie het op die huis toegslaan en twee mans vasgetrek.”

Die mans is oor die besit van gesteelde goedere in hegtenis geneem.

Kweza het gesê die polise is besig om die waarde van alle gesteelde eiendom te bereken.

Die ondersoek duur voort.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button