Local newsMunicipalNews

Tweede park skoongemaak dié week

Nog 'n park in die Moot is Woensdagmiddag opgeruim en sluipslapers verwyder gedurende 'n skoonmaakaksie.

Skaars twee dae na ‘n skoonmaakaksie by Toutrekpark in Gezina is sowat tien ton rommel Woensdagmiddag by Trimpark in Wonderboom-Suid weggery.

Elmarie Linde, raadslid van wyk 54, het al die reëlings getref en die Tshwane-metro se afvalbeheer en die metro-polisie het vanaf 12:00 Woensdagmiddag gehelp om Trimpark skoon te maak.

“Die grootste probleem by dié park is die brandgevaar wat die vure van sluipslapers skep. Baie van die rommel wat verwyder is, is juis verwyder sodat daar nie met dit vuurgemaak kan word en dit dan tot ‘n brand lei nie,” het Linde gesê.

Hendrik Fourie, raadslid van wyk 53, was verantwoordelik vir die skoonmaakaksie by Toutrekpark vroeër die week.

“Sluipslapers is ‘n groot probleem in die Moot en ons kry versoeke van regoor die gebied om sluipslapers te verwyder. Ons jaag hulle nie net weg nie, maar neem hulle na een van die mtero se veilige hawes waar hulle ‘n bord kos en slaapplek vir die aand kry. Ons gooi ook nie hul persoonlike besittings, soos klere en komberse weg nie, maar verwyder wel die rommel en vullis,” het Fourie gesê.

Volgens Linde was die meeste sluipslapers wat tydens die skoonmakaksie by die park gevind is mense afkomstig uit ander dele van die land wat werk in Pretoria soek, terwyl een van die sluipslapers glo ‘n onwettige immigrant is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button