CrimeNews

Tienerseun ná twee dae steeds vermis

Die familie van ’n tienerseun van Pretoria-Tuine vra inwoners om op die uitkyk vir hom te wees nadat hy Woensdagoggend spoorloos verdwyn het.

’n Ontstelde ma van Pretoria-Tuine is op soek na haar tienerseun wat Woensdagoggend spoorloos verdwyn het.

Die 15-jarige Brandon Lensley is laas in Centurion opgemerk. Hy het ’n dik swart-en-wit baadjie, ’n swart denim en blou en oranje skoene aangehad.

“Ons het alle moontlike mediums gebruik om inligting oor hom te versprei en het wel ‘n aantal oproepe van mense ontvang wat hom opgemerk het,” het Thea Lensley, die bekommerde ma, gesê.

’n Inwoner het die seun Donderdag in Pretoria-Wes gesien. Vrydagoggend omstreeks 09:00 het Lensley ’n oproep ontvang dat haar seun in die Silverton-omgewing opgemerk is.

“In dié stadium weet ek nie meer wat om te doen nie. Ek het hom by die Hercules-polisie as vermis aangemeld. Ons gebruik alle moontlike maniere om hom op te spoor,” het sy gesê.

Sy het gesê dit is moontlik dat hy saam met ’n vriend weggeloop het, maar in dié stadium is dit nog onduidelik wat die rede vir sy verdwyning is.

Indien iemand vir Brandon opmerk of enige verdere inligting het, kontak Thea by 076-717-1967.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button