CrimeNews

Drie rowers gesoek ná rooftog

Drie verdagtes is op vrye voet nadat hulle 'n man in sy slaapkamer aangeval en beroof het.

Die polisie is op soek na drie gewapende rowers wat ‘n man Sondagoggend in sy huis in Clubview aangeval het.

Die rowers het omstreeks 02:00 die slagoffer se slaapkamer in Clubview, Centurion, ingestorm en hom oor die kop geslaan.Volgens Kaptein Louise Steynberg, polisiewoordvoerder, het die rowers toegang deur die agterdeur gekry.

“Die slagoffer het nog gelê en slaap toe die rowers hom aangeval het,” het sy gesê.

Hulle het ‘n plasma-TV, drie skootrekenaars, twee iPhones en een iPad gesteel. Niemand anders is tydens die voorval beseer nie.

‘n Saak van huisroof word tans deur die Wierdabrug-polisiestasie ondersoek.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button