Baba L saak na Hooggeregshof
Die saak teen Baba L se ma en haar kêrel sal later vanjaar in die Hooggeregshof hervat word.
Die verhoor van ‘n jong ma en haar vriend op aanklagte van kindermishandeling en poging tot moord is oorgeplaas na die Hooggeregshof in Pretoria.
Die twee op 4 Januarie in hegtenis geneem by die Steve Biko-hospitaal waar die ma se baba L behandel is nadat sy volgens alle aanduidings mishandel is.
Die paartjie het sedert 6 Januarie verskeie kere vlugtig in die Pretoria-Noord-landdroshof verskyn en die verhoor is verkskeie kere uitgestel.
Sedert 21 Mei, tree Heinrich Moldenhauer op as regsverteenwoordiger vir die kêrel, nadat sy oorspronklike advokaat hom onttrek het.
Die kêrel is steeds in aanhouding, nadat sy aansoek om borg ‘n twee keer geweier is.
Bortgtog vir Baba L se ma is in Februarie toegestaan, maar sy mag nie haar dogter sien sonder skriftelike toestemming van die Kinderhof nie.
Die man beweer Baba L het verskeie beserings in Desember opgedoen, insluitend gekneusde organe en bloeding op die brein, nadat sy van ‘n wasmasjien afgeval het. Volgens Baba L se pa, het sy permanente breinskade. Baba L is besig om in ‘n rehabilitasie-inrigting aan te sterk.
Die verhoor word op 24 November in die Hoogeregshof hervat.
For updates, like us on Facebook and follow us on Twitter.
Also read: Baba L: Ma se kêrel het skynbaar donker geskiedenis
Baba L: Borgaansoek wéér uitgestel
Baba L se belange word deur ‘n gesinsadvokaat omgesien
