CrimeLocal newsNews

Diewe probeer Pit bulterriër in vroeë oggendure steel

Honde word gesteel om moontlik as veghonde gebruik te word.

Die polisie het Dinsdag gedurende die vroeë oggendure drie mans op heterdaad betrap op die hoek van Horn- en President Steynstraat, terwyl hulle ‘n pitbulterriër in die kattebak van hul motor probeer inlaai het.

Die verdagtes het in ‘n wit Volkswagen Polo gery, en daar was ook ‘n jonger bruin hond in die besit van die mans. Dié hond is vermoedelik gebruik as lokaas om die pitbulterriër uit die erf te lok.

Adjudant-offisier Jan Fourie vermoed die honde word gesteel om as veghonde gebruik te word. “Na ondervraging en ondersoek is vasgestel dat hulle besig was om die hond te steel en dat hulle hom al ‘n ruk dophou. Na bewering verkoop hulle die honde dan weer. Dit is moontlik dat die hond as ‘n veghond opgelei sou word vir wedenskappe,” het Fourie gesê. Daar is ‘n saak van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde dier geopen en die mans is gearresteer. Die verdagtes het gesê die jong hond behoort aan hulle en ‘n vriend van die verdagtes het die jonger hond saam met hom huis toe geneem.

Fourie het die pitbulterriër ingeneem en gehelp soek na die hond se eienaar. Die eienaar, Marius Olivier is egter na twee dae opgespoor. “Twee vroue wat my hond herken het, het my in kennis gestel dat die offisier my hond by hom het. Ek het hom gebel en my hond gaan haal.” Olivier het in die vroeë oggendure van die hond se verdwyning sy honde hoor blaf maar dit nie gesien as ‘n bedreiging nie, aangesien hy in ‘n bedrywige straat woon.

Fourie is van plan om ‘n saak van diefstal teen die verdagtes te open.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button