
Twee gewapende rowers het met R14 100 se waardevolle besittings weggekom gemaak nadat hulle ’n 64-jarige man in sy huis in Eldoraigne beroof het.
Polisiewoordvoerder Sersant Ann Poortman sê die twee het toegang tot die huis in Teresastraat gekry nadat hulle ‘n skuifdeur oopgebreek het.
Die eienaar was in die eetkamer toe hulle die huis binnestorm.
“Hulle het die man beveel om plat op sy maag in die TV-kamer te lê terwyl hulle waardevolle besittings geroof het,” het Poortman gesê.
Die rowers het met bykans R1 000 kontant, ’n Samsing S4 mini en ’n skootrekenaar in ’n blou BMW weggejaag.
Lees ook: VIDEO:Jaagtog na gewapende roof
Nog ‘n rooftog by bekende winkelsentrum
Rowers op vrye voet ná rooftog
Volg ons op Twitter of ‘Like’ ons op Facebook vir opvolge.
