CrimeLocal newsNews

Vrou geskiet ná mislukte kaping

Valhalla-vrou in haar oprit deur twee vermeende kapers geskiet.

Die Wierdabrug-polisie is op soek na twee vermeende kapers wat ’n vrou in haar oprit in Valhalla geskiet het.

Die kaping het Vrydag omstreeks 12:30 plaasgevind.

Volgens sersant Anne Poortman, polisiewoordvoerder, het die twee kapers die vrou in haar oprit in Heklastraat oorweldig en twee skote afgevuur. Die vrou is in haar regter arm gewond.

Al wat die kapers geroof het was haar trouring.

“Die slagoffer is gelukkig nie ernstig beseer nie. Geen ander waardevolle besittings word vermis nie,” het Poortman gesê.

Die vrou is na ’n nabygeleë hospitaal gehaas.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Lees ook: Vierjarige langs pad gelos ná kaping

Kapers baljaar in Centurion

For more updates, follow us on Twitter or like us on Facebook.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button