
Die trotse Moot-polisie het hulle hande vol gehad nadat hulle 24 misdadigers oor die naweek in hegtenis geneem het.
Luitenant Linda Jerling, woordvoerder van die Moot-polisie, het gesê die stasie is trots op die polisielede se harde werk en bedank hulle vir hul opoffering.
Die arrestasies wissel van ‘n voetgangerbron van gevaar tot verontagsaming van ’n wettige hofbevel. Ander arrestasies sluit in twee vir winkeldiefstal, een onwettige immigrant, een vir die bestuur onder die invloed van alkohol, twee vir die besit van dwelms en drie vir dronkenskap.
Vir nuusflitse en vele meer besoek ons op Facebook of volg ons op Twitter.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
