CrimeLocal newsNews

Rower in boud getref ná jaagtog

“Ons het die verdagte bakkie in John Vorsterrylaan opgemerk en hom agternagesit. Dit het gelyk asof die hele polisiemag op die rowers se spoor was.”

’n Gewapende rower is in die boud geskiet terwyl ‘n  ander een ernstige snywonde opgedoen het toe hulle Dinsdagaand in Doringkloof probeer het om van die polisie te vlug.

Volgens JP Griesel, woordvoerder van Bull Security, het hulle inligting ontvang dat die polisie kort op die hakke van die rowers is en dat hulle bystand benodig word.

“Ons het ‘n verdagte wit Mazda bakkie in John Vorsterrylaan opgemerk en hom agternagesit. Dit het gelyk asof die hele polisiemag op die rowers se spoor was,” het Griesel gesê.

Die bakkie het ook glo vals nommerplate gehad.

Die rowers het skote op hulle agtervolgers afgevuur en toe teen ’n sandbank in Rosestraat vasgejaag. Hulle het uitgespring en probeer vlug. Een rower is deur die polisie in die boud gewond terwyl die ander een beseer is toe hy oor ‘n lemmetjiesdraadheining wou spring.

“Hy het ernstige snywonde weens die lemmetjiesdraad opgedoen.”

Griesel vermoed dat die twee rowers by huisrooftogte en kapings betrokke was.

Hy het gesê die Wierdabrug-, Lyttelton-, Brooklyn-, Metro- en Garsfonteinpolisie, asook ’n polisiehelikopter, het bystand gelewer. Daar was ongeveer 25 polisievoertuie op die toneel.

Andrew Wilson, ’n beïndrukte inwoner, het gesê hy het verskeie geweerskote gehoor en gesien hoe die polisievoertuie die rowers agterna gesit het. “Dit was werklik ’n indrukwekkende vertoning van ons polisiemag in aksie.”

Volgens polisiewoordvoerder, Captain Agnes Huma is albei rowers,  26 en 39 jaar oud, op die toneel inhegtenis geneem.

” ‘n Saak van besit van vermoedelik gesteelde voertuig word ondersoek.”

Vir nog stories, besoek ons webtuiste en Facebook of volg ons op Twitter.

 

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button