CrimeLocal newsNews

Pediater geskiet tydens huisbraak

'n Bekende pediater is volgens 'n gesinslid 'stabiel' nadat hy tydens 'n huisinbraak geskiet is.

‘n Bekende pediater in die noorde van Pretoria is Woensdagoggend drie keer geskiet tydens ‘n inbraak.

Dr. Anthony Allden word in die Montana-hospitaal behandel nadat hy omstreeks 03:00 by sy huis in Amandasig gewond is.

Anthony se vrou Annatjie wat ongedeerd is, het aan Rekord bevestig haar man is in ‘n stabiele toestand. Sy wou niks verder sê nie.

‘n Familielid het gesê vier skote is op Anthony geskiet. Hy is in die been, maag en bors getref. Een van die koeeëls het sy hart net-net gemis.

Anthony is glo vroeg Woensdag geopereer en sterk tans aan in die intensiewe sorgeenheid (ICU).

Luitenant Rebecca Phatlane het gesê die polisie is steeds op soek na die man wat omstreeks 02:58 Woensdagoggend by die Allden-huis ingebreek en Anthony geskiet het.

Die rower het glo die skuifdeur met klippe uitgegooi en so toegang tot die huis gekry.

Die Akasia-polisie ondersoek ‘n saak van huisroof en poging tot moord.

“Die verdagte het ontsnap en die polisie is besig om die saak te ondersoek,” het Phatlane gesê.

Volgens berigte, het die rower met mediese toerusting en ander waardevolle besittings gevlug.

Joekie van Zyl, woordvoerder van Netcare Montana hospitaal het teen druktyd geen kommentaar gelewer nie.

Vir meer nuusflitse, besoek ons op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button