CrimeLocal newsNews

Polisiebeampte dood en ‘n ander kritiek ná skietvoorval

'n Polisiebeampte is tydens ’n gewone arrestasie in Montana doodgeskiet.

‘n Polisie-offisier van Sinoville is Donderdagoggend doodgeskiet terwyl hy besig was om ‘n man hegtenis te neem.

Die adjudant-offisier, wie se naam nog weerhou word, is in Alfonzostraat in Montana geskiet.

“Die man het ’n vuurwapen uitgeruk en die polisiebeampte noodlottig gewond,” het Mirna von Benecke, polisiewoordvoerder, gesê.

Volgens ‘n betroubare bron het dié man van die toneel weggejaag en homself geskiet toe die polisie en ander agtervolgers hom op die Moloto-pad vasgekeer het.

Advance Paramedic Assists (APA) en LifeMed-ambulansdienste is na die toneel ontbied.

Die man is in ’n kritieke toestand na ‘n nabygeleë hospitaal gehaas.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button