CrimeLocal newsNews

Gevalle polisieman ‘n “goeie pa, vriend en kollega”

Polisielede treur oor die dood van 'n geliefde kollega.

Die polisiegemeenskap is in rou nadat een van hul lede Donderdagoggend koelbloedig doodgeskiet is.

Die 47-jarige gevalle held, adjudant-offisier Ben Strydom van die Sinoville-polisiestasie, is Donderdag omstreeks 10:00 in Alfansoweg, Montana, noodlottig gewond terwyl hy ’n man vir bedrog wou arresteer.

Strydom laat sy vrou, Madelein en seun agter.

“Hy was ’n goeie pa, man, vriend en kollega. Ons almal gaan hom mis,” het ’n kollega gesê.

Strydom is in die bors geskiet nadat hy en drie ander polisielede ’n man vir bedrog wou arresteer.

Volgens kaptein Disebo Selepe, provinsiale polisiewoordvoerder, het dié man van die toneel weggejaag en homself geskiet toe die polisie en ander agtervolgers hom op die Moloto-pad vasgekeer het.

Die man het die selfmoordpoging oorleef en is tans in ’n kritieke toestand in die hospitaal onder polisiebewaking.

Tydens die opruiming van die toneel in Alfansostraat het sommige polisielede in trane uitgebars weens die ontydige en tragiese dood van hul geliefde kollega.

’n Saak van moord word ondersoek.

Verskeie vriende van Strydom het Donderdag op Rekord se Facebook-blad huldeblyke en boodskappe geplaas.

Laat weet ons gerus indien jy enige nuuswenke het deur ‘n epos te stuur na editorial@rekord.co.za of skakel 072 435 7717.

Lees ook:

Polisiebeampte dood en ‘n ander kritiek ná skietvoorval

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button