Die Lyttelton-polisie is op soek na vier kapers wat ’n vrou Woensdagaand in Elarduspark gekaap het.
Volgens adjudant-offisier Hero Ghumbu, polisiewoordvoerder, is die vrou in haar oprit in Gymnasiumstraat deur die gewapende kapers oorrompel.
“Die kapers het in hul wit VW Citi Golf agter haar silwer BMW3 stilgehou. Hulle het uitgespring en ’n vuurwapen op haar gerig.”
Die vrou is uit haar motor gedwing waarna die kapers in albei voertuie gevlug het.
Die polisie, Bulls Security en GPF-lede is dadelik na die toneel ontbied.
Die BMW3 is later in Tembisa opgespoor.
’n Saak van kaping word deur die Lyttelton-polisie ondersoek.
Vir meer nuusbrokkies, besoek ons gerus op Facebook en volg ons op Twitter.
Lees ook: Vierjarige langs pad gelos ná kaping
