CrimeLocal newsNews

Nóg ’n polisiebeampte geskiet

Nog ’n broer in blou is Sondag geskiet nadat hy rowers se planne in die wiele wou ry.

’n Polisieman is geskiet en gewond in die noorde van Pretoria toe hy ’n winkelroof Sondagaand in Hebron wou keer.

Volgens Brigadier Thulani Ngubane, polisiewoordvoerder, was die polisiebeampte besig om ’n geveg by ’n kroeg op te breek voordat hy ’n wenk oor die winkelroof oorkant die straat ontvang het.

“Die snoepwinkel is reg oorkant die kroeg. Toe die rowers snuf in die neus kry, het hulle skote in die polisie se rigting afgevuur,” het hy gesê.

Die polisiebeampte is in die onderlyf getref, maar het die skietvoorval oorleef.

Hy sterk by die Wisane Medi-kliniek aan.

Die rowers het die toneel met R7 000 se lugtyd en ’n selfoon gevlug. Niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie.

“Ons wens ons kollega ’n spoedige herstel en moedig enige persoon met meer inligting oor die skietvoorval om na vore te kom,” het die Noordwes Provinsiale Kommissaris, Luitenant-generaal Zukiswa Mbombo, gesê.

Dit was die derde keer die afgelope drie weke dat ‘n polisieman in Pretoria geskiet is tydens die pleeg van ‘n misdaad.

Verlede Donderdag is ’n 47-jarige adjudant-offisier doodgeskiet terwyl hy besig was om iemand in verband met bedrog in hegtenis te neem. Sowat twee weke gelede, is ’n 29-jarige konstabel tydens ’n kaping in Hatfield gewond.

Lees ook:

Oud-weermaglid gemartel

Gemeenskap bring hulde aan polisieman

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button