CrimeNews

Vrede tydens rooftog

’n Vuurwapen teen die kop het gesorg dat Ds Johan Pienaar ’n nuwe liefde en dankbaarheid vir die lewe gekry het.

Met ‘n pistool teen sy kop, sê teoloog Johan Pienaar van Riviera, het hy die lewe in die oë gekyk -nie die dood nie.

“Ek het nie die dood in die oë gestaar nie — maar die lewe. Daar het ‘n nuwe verwondering by my opgekom.”

Só het Pienaar sy ervaring beskryf nadat hy, sy vrou Rita en hul huishulp op Maandag in Riviera deur vier gewapende rowers aangehou is.

“Die rowers het die drie van ons vasgebind en beveel om op ons maag te lê. Ek het nooit hulle gesigte gesien nie, net hulle voete.”

Pienaar het gesê hoewel die rowers hulle nie fisiek seergemaak nie, is daar wel emotionele letsels na so ’n ervaring.

“Ek bly dankbaar dat daar die heeltyd vrede in die huis was. Daar was geen agressie gewees nie. Een van die rowers het my selfs verseker dat hulle ons geen leed sal aandoen nie.”

Die rowers het die kluis oopgebreek en verskeie waardevolle items gesteel. Volgens Pienaar het hulle ook sy rekenaarboks, huis- en karsleutels gevat.

’n Saak van huisroof word deur die Moot-polisie ondersoek.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.

 

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button