
‘n Gewapende rower het Vrydagoggend ‘n Danville-man in sy huis geskiet en met ‘n plasma-TV weggekom. Die man het geslaap toe die geluid van ’n gebreekte venster hom omstreeks 03:15 wakker laat skrik het. Hy het ondersoek ingestel en die rower deur ‘n venster sien klim.
“Die rower het die man in die gang sien afloop en ‘n skoot afgevuur wat hom in die been getref het,” het Konstabel Lerato Ngomane, Pretoria-Wes-polisiewoordvoerder, gesê.
Die rower ’n plasma-TV gegryp en te voet gevlug.
Netcare 911 is na die toneel ontbied en die slagoffer is na ’n nabygeleë hospitaal gebring.
Vir meer nuus, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
