GalleriesLocal newsNewsSchools galleries

Tien Pretoria skoolkore by ATKV-Applouseindrondte

Tien skoolkore van Pretoria het deurgedring na dié jaar se ATKV-Applouskompetisie se eindrondte.

Die eindrondte van die ATKV-Applous het onlangs by die M. K. Matthews-saal by Unisa plaasgevind.

In die jaarlikse kompetisie word op nasionale vlak gesoek na die beste skoolkoor in die land en die standaard word elke jaar net beter.

Volgens die ATKV se webtuiste het sowat 175 kore dié jaar aan die kompetisie deelgeneem.

Selfs kore wat ’n hoë goudsertifikaat in die streekfees behaal het, is nie noodwendig na die eindrondte uitgenooi nie.

Tien skoolkore van Pretoria het hierdie jaar aan die eindrondte deelgeneem, insluitende Laerskool Constantiapark, Afrikaans Hoër Meisieskool en Hoërskool Menlopark.

Die gasvrou vir dié vier-dag eindrondte was Lizz Meiring en die Charl du Plessis-trio het elke aand as égaskunstenaars opgetree.

“Die talent van die kore wat in die kompetisie deelgeneem het, is ongelooflik,” het Meiring gesê.

Die verskillende afdelings van die kompetisie is minder ervare laerskoolkore, meer ervare laerskoolkore, nie-Afrikaanse moedertaalsprekende laerskool- en hoërskoolkore, minder ervare hoërskoolkore en meer ervare hoërskoolkore.

Die skoolkore van Pretoria het in vier van die kategorië deelgeneem.

Vir meer gemeenskapsgallerye en nuus, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button