CrimeLocal newsNews

Jong Lynnwood-ma vermis

'n Jong ma van Lynnwood is steeds vermis nadat sy Woensdag vermoedelik gekaap is.

’n Ma van Lynnwood is steeds soek nadat sy Woensdag vermoedelik gekaap is.

Jeanine Swanepoel (37) , ma van ‘n vyfjarige seun, is die laaste keer by haar huis in ‘n woonstelkompleks in Lynnwood gesien nadat sy glo meubels vir haar tuinier na Mamelodi vervoer het.

Jeanine se vervreemde man Frans Swanepoel sê die tuinier beweer hy het haar nog die middag by haar huis gesien nadat hulle van Mamelodi teruggekeer het.

Die enkelkajuit-Toyota Hilux-bakkie, wat sy by Frans geleen het om die meubels te vervoer, is die naweek langs die N3-snelweg by Howick in KwaZulu-Natal gevind. Haar eie voertuig was steeds by haar huis geparkeer.

Frans het die aangeleentheid Maandagoggend by die Brooklyn-polisiestasie aangemeld.

Hy het ook versoek dat persone met inligting privaatspeurder Conrad van der Merwe by 083-457-9840 of 086-000-5111 bel.

Jeanine is 1,6 m lank, weeg ongeveer 60 kg en het blonde hare wat op haar skouers hang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button