Toer-bedrogsaak: Vrou kry borg
Salomé Klopper (54) is op borg van R10 000 vrygelaat nadat landdros Pierre Wessels beslis het dat sy nie ‘n vlugrisiko is nie.

Borg is Maandag toegestaan aan een van die drie sogenaamde treintoer-bedrieërs .
Die Pretoria-Noord landdroshof het Salomé Klopper (54) op borg van R10 000 borg vrygelaat nadat landdros Pierre Wessels beslis het dat sy nie ‘n vlugrisiko is nie.
Sy word saam met Hendrik Wright (64) en sy vrou Renette (47) van bedrog aangekla.
Kloppers het glo gewerk as ‘n klerk by Zambesi toere wat vermoedelik meer as 20 bejaardes uit hulle geld bedrieg het.
Wessels het gevra dat die ondersoekbeampte verdere inligting oor Renette se geskiedenis inwin voordat hy volgende Maandag beslis oor haar borgaansoek. Renette sal tot dan in polisie aanhouding bly.
Hendrik staar ook ‘n moordklagte in die gesig omdat hy adjudant-offisier Ben Strydom na bewering vroeër vandeesmaand doodgeskiet het. Volgens sy advokaat, Fred Klein, is Hendrik steeds in ‘n koma in die Steve Biko Akademiese hospital. Hy sal om borg aansoek doen sodra sy gesondheid verbeter het. Tot dan sal hy onder streng polisie-bewaking in die hospitaal bly.
Gedurende die borgaansoek, het ondersoekbeampte John Romallo aan die hof vertel dat Hendrik en Renette vermoedelik beplan het om die land te vlug.
Hy het in sy verklaring genoem dat daar geen meubels en persoonlike besittings by die Wright-egpaar se woning in Montanapark was nie. Dit was ook die perseel vanwaar hulle Zambesi & Safaris toere bedryf het. Dit het gelyk of die paar op pad was om te vlug.
Hy het beweer die Wright-egpaar het ‘n tweede sakeonderneming in Namibië. Volgens hom, is dit goed genoeg rede om te vermoed dat Renette ‘n vlugrisiko is.
Renette voer aan dit is nie die geval nie en dat hulle meubels geberg word omdat hulle besig was om na Bela Bela te verhuis. Sy ontken dat die egpaar is sakeonderneming of blyplek in Namibië het.
Wessels het Romallo instruksie gegee om teen volgende Maandag Renette se nuwe adres te bevestig. Hy moet ook vasstel of hulle meubels wel geberg word. Romallo moet bevestig of die paartjie ‘n sakeonderneming in Namibië het of nie.
Romallo het getuig dat daar in Luitzville in die Noord-Kaap ‘n lasbrief uitgereik is vir die inhegtenisneming van al drie aangeklaagdes.
“Zambesi & Safaris en toere het regoor die land in koerante treintoere geadverteer. Nadat die mense reeds betaal het, het hulle kort voor die toer ‘n epos aan die persone gestuur om in te lig die toer is gekanselleer,” het Romallo getuig.
Hy blykbaar het die sakeonderneming nooit die geld terugbetaal nie.
Hendrik het homself op 24 Julie op die Molotopad in die kop geskiet nadat hy Strydom bewering noodlottig in die bolyf gewond het. Strydom was op pad om Hendrik in hegtenis te
neem by sy huis in Montanapark voordat hy geskiet is.
Strydom is verlede Donderdag begrawe. Honderde polisiemanne en vroue het saam met Strydom se vrou, Madeleine (42) en hulle seun, Dreyden (13) hulde gebring aan hom by die Lewende Woord kerk in Montana.
Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.
Lees ook:
Gemeenskap bring hulde aan polisieman
