
Nóg ’n selfoonwinkel is Dinsdagaand beroof toe twee gewapende mans ‘n winkel in Wonderpark-winkelsentrum in die noorde van Pretoria binnegestorm het.
Polisiewoordvoerder Adjudant-offiser Matthews Nkoadi sê die rowers het werknemers beveel om selfone en modems aan hulle te oorhandig.
’n Derde rower het buite in ‘n wegkomvoertuig gewag. Geen skote is afgevuur nie en daar was geen beserings nie.
Die rowers het met 27 selfone en twee modems skoonskip gemaak. Die waarde daarvan is nog nie bepaal nie.
’n Saak van gewapende roof word deur die Akasia-polisie ondersoek.
Nkoadi sê die polisie kan nie bevestig of dit dieselfde bende is wat die ander winkelsentrums in die afgelope paar maande teister nie, maar die moontlikheid word ondersoek.
Selfoonwinkels in North Park-, Centurion- en Mayville-winkelsentrums het onlangs ook deurgeloop.
Die rowers in al dié rooftogte is nog op vrye voet.
Lees ook: Polisie soek inligting nà gewapende roof
Armed robbery at Centurion Mall
Vir meer nuus, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons op Facebook.
