CrimeLocal newsNews

Rower byt Pretoria vrou

'n 84-Jarige vrou is byna haar vinger kwyt toe drie rowers haar in haar oprit oorval en aangerand het.

’n 84-jarige vrou van Monumentpark se ringvinger is byna afgebyt nadat drie gewapende rowers haar Donderdag in die oprit van haar huis oorval en aangerand het.

Dié bejaarde vrou, wat verkies om annoniem te bly, het ongeveer 12:45 by haar huis stilgehou toe drie rowers in ’n silwer Volkswagen Polo haar vasgekeer het.

Haar skoondogter bestuur ook ‘n kleuterskool op dié preseel.

Die rowers het uit dié Polo gespring en die vrou se handsak met haar bankkaarte gegryp terwyl hulle haar hardhandig rondgepluk het.

“My skoonma se vinger is stukkend nadat een van die rowers ‘n ring van haar vinger gebyt het,” het Hannelie Jansen, eienaar van dié kleuterskool en die bejaarde vrou se skoondogter, gesê.

Jansen het gesê behalwe vir haar skoonma is niemand anders in dié voorval beseer nie. Ouers en kleuters is ná die rooftog gerus gestel.

Die bejaarde vrou ondergaan tans mediese behandeling vir die bytwond aan haar hand.

Dié rowers het met hul buit in die Polo gespring en gevlug.

Die Brooklyn-polisie kon teen druktyd nog nie terugvoer gee nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button