CrimeLocal newsNews

Bejaarde egpaar in huis vermoor

'n Bejaarde-egpaar van Claremont is Dinsdagoggend met ’n stomp voorwerp doodgeslaan. Die seun het op hul lyke afgekom.

’n Claremont-egpaar is Dinsdag in hul huis binne ‘n veiligheidskompleks in die weste van Pretoria vermoor.

Die egpaar, Gert (67) en Louisa de Lange (65),  se seun, Deon, het Dinsdagoggend op hul lyke afgekom. Hy het onraad vermoed nadat hy hulle nie op hul selfone kon bereik nie.  Die lyke is op die slaapkamer vloer aangetref waar hulle vermoedelik oorval en stomp voorwerp aangerand is. Beide van hulle het sigbare hoofbeserings opgedoen.

“Die slaapkamer is woes deurmekaar wat aandui die egpaar het weerstand gebied,” het Kaptein Bonginkosi Msimango, Hercules-polisiewoordvoerder aan Rekord gesê.

Ooggetuies het twee verdagte mans Dinsdagoggend van die toneel sien wegjaag in die vermoorde man se voertuig, ‘n silwer Corsa Lite 2004 model, registrasienommer-POP000GP.

“Dit wil voorkom asof die egpaar met ’n stomp voorwerp doodgeslaan is, maar verdere ondersoek moet ingestel word,” het Corné de Vos, Best Care-paramedikus gesê.

Dié rowers het ‘n DVD-speler en televisiestel gebuit.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button