Local newsMunicipalNews

Krag-eenheid skep gevaar

Onverseëlde eenheid vir kragverspreiding ontstel inwoners in Lindopark omdat dit gevaar inhou vir kinders

‘n Inwoner van Lindopark is ontsteld oor ‘n onverseëlde munisipale eenheid wat krag versprei naby sy huis in Dahliastraat.

Peet Steyn, wat al nege jaar lank in die straat woon, sê hy is raadop oor die eenheid wat volgens hom al amper ses maande lank nie verseël is nie.

“Behalwe vir die feit dat die kragboks oopstaan vir enigiemand, volwassene of kind om aan die drade te kan peuter en seerkry, is daar boonop die moontlikheid dat die kabels deur reën beskadig kan word,” het ‘n ontstoke Steyn gesê.

Hy het ook al regstreeks met Tshwane-werkers gepraat wat aan die eenheid kom werk het, maar alles tevergeefs.

“Die oop kragboks is ‘n gevaar vir die gemeenskap en dit ontstel my dat Tshwane munisipaliteit geen poging aanwend om dit behoorlik te kom toemaak ten spyte van verskeie pogings van my om hulle van die situasie in kennis te stel.”

Volgens Steyn, is dié eenheid skaars twee straatblokke van Laerskool Lindopark af en baie kinders loop in die middae daar verby oppad huistoe.

Hy wil weet of Tshwane verantwoordelikheid gaan dra as ‘n klein kind dalk aan die drade peuter en geskok word.

“Die krag word gereeld deur Tshwane werkers of self inwoners afgeskakel, nie net deur die dag nie, maar in die aande ook. Ons sal dit baie waardeer as Tshwane hierdie probleem in ag neem en die kragboks op ‘n manier stewig kom toemaak,” het Steyn gesê.

Die Tshwane-mentro het teen druktyd nie kommentaar gelewer nie.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button