CrimeLocal newsNews

Duisende rande se dwelms gevind

Konstabel en GPF-lid van die noorde van Pretoria betrap dwelmsmokklaars op heterdaad.

Minstens 27 pakkies met die dwelm CAT weggesteek in dreinpype en kouse is verlede week in Montana opgespoor.

Twee mans is in hegtenis geneem en het Maandag in die hof verskyn.

‘n Lid van die Gemeenskap Polisiëring Forum-lid (GPF) in die gebied, Pieter Kies, en Konstabel Joe Payne het op die dwelms afgekom toe hulle Vrydag op soek was na ‘n Lexus-motor wat vroeër die dag betrokke was by twee afsonderlike rooftogte.

Daar word vermoed dat die motor in beide gevalle mense agtervolg het nadat hulle groot bedrae geld by die Kolonnade-winkelsentrum getrek het. Tydens hul patrollie ,is die verdagte voertuig opgemerk wat by ‘n woonkompleks, Kolonade Estate, in Besembessiestraat gestaan het.

Hulle het die voertuig gevolg toe dit by die hek van die kompleks inry en het gesien hoe ‘n dwelmtransaksie plaasvind.

“Die hek van die estate het oopgestaan en dit gebeur nooit nie. Ons het dadelik agterdogtig geraak toe ons ‘n wit bakkie ook sien inry en stilhou voor die huis van ‘n Nigierier, wat lankal gesoek word weens moontlike dwelmhandel,” het Kies gesê.

Payne en Kies het die huis en erf deursoek en op die pakkies CAT met ‘n handelswaarde van sowat R10 400 afgekom.

“Beide verdagtes het Maandag in die landdroshof in Pretoria-Noord verskyn. Een van die mans is op borgtog vrygelaat,” het Kies gesê.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button