CrimeNewsUpdate

Claremont verslae na moord

Inwoners is bekommerd nadat 'n bejaarde egpaar in hul huis in 'n veiligheidskompleks vermoor is.

Claremont se inwoners was verslae en bekommerd hierdie week na die moord op Dolf de Lange,(67) and sy vrou Pop (65) in hul huis binne ‘n veiligheidskompleks.

Die egpaar se seun Deon, het Dinsdagoggend op die egpaar se lyke in die Westside Terrace-kompleks afgekom. Hy het gaan ondersoek instel nadat hy hulle nie telefonies kon bereik nie.

Die voorsitter van die plaalike gemeenskapspolisiëringsforum, Gerrit Smit, sê misdaad is ‘n toenemende probleem in die gebied.

Inwoners van die kompleks het sê ook hulle voel nie meer veilig nie.

Hercules se polisiewoordvoeder, Kaptein Bonginkosi Msimango, beaam dit. “Daar is al ‘n paar gevalle by die polisie aangemeld. Daar is geen sekuriteit nie,” sê hy.

Deon en sy suster Suzette Lombard sê hulle voel baie hartseer, en wou nie verder uitbrei nie. Suzette sê haar ander broer bly in Australië.

Best Care-paramedikus Corne de Vos sê dit lyk asof die egpaar met ’n stomp voorwerp doodgeslaan is.

Msimango sê die lyke is op die slaapkamer vloer gekry waar die egpaar aangerand is. Albei het kopbeserings opgedoen.

“Die slaapkamer is woes deurmekaar wat daarop dui dat die egpaar weerstand gebied het,” het Msimango, aan Rekord gesê.

Msimango sê daar is ooggetuies wat twee verdagte mans Dinsdagoggend van die toneel sien wegjaag het in die vermoorde vrou se voertuig, ‘n silwer Corsa Lite 2004 model, registrasienommer-POP000GP.

Vroeër die oggend, het ‘n ander inwoner Pop saam met een van die huiswerkers in die kompleks gesien, wat moes iemand vir hulle reël om Woensdag vir die egpaar te werk.

Volgens die kompleks se huidige opsigter, Dalene Loodts, was Pop vir sewe jaar die opsigter en sy en haar drie susters was bure.

“Ek het hierdie jaar Februarie oorgeneem as opsigter. Die egpaar was goeie mense. Dolf het by die varsproduktemark in Pretoria-Wes gewerk.”

‘n Ander inwoner, Liezl Brits, het gesê Pop se haarkapper het ook gaan ondersoek instel by die huis nadat sy nie vir ‘n afspraak opgedaag het nie.

“Sy het haar probeer bel en toe sy nie deurkom nie, toe kom sy hier om haar te soek.”

‘n Paar maande gelede, is Pop en haar dogter voor hul motorhuis beroof deur mense wat hulle van die bank gevolg het.

Msimango het dit bevestig en gesê die saak word ondersoek.

Die aanvallers het ‘n DVD-speler, televisiestel en die voertuig gebuit. ‘n Saak van roof en dubbele moord word ondersoek.

Die egpaar laat drie kinders en kleinkinders na.

Lees ook: Bejaarde egpaar in huis vermoor

Vir meer nuus, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button