CrimeNewsUpdate

Becker-ma se afperser verskyn in hof

Die man wat teregstaan op aanklag van afpersing nadat hy glo R30 000 van Christoff Becker se ma geëis het, het gister in die hof verskyn.

Die gevangene wat glo Christoff Becker se ma, Mariëtte, in Mei vanjaar probeer afpers het, se pleit- en vonnisooreenkoms is Woensdag in die Pretoria-landdroshof van die hand gewys.

Mariëtte wou nie Llewellyn Nel (35) se aanbod aanvaar nie en aanklaer Solly Leballo het gesê die partye sal volgende week vergader .

Nel staan tereg op aanklagte van afpersing en poging tot afpersing nadat hy glo vanuit die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria, R30 000 van Mariëtte geëis het.

Hy het glo gedreig om twee video’s, wat Christoff glo nóg dieper in die moeilikheid sou laat beland, aan die media en die departement van korrektiewe dienste (DKD) te lek.

Mariëtte is herhaaldelik op haar selfoon gebel en beveel om die geld in ‘n bankrekening van ‘n Pretoriase vrou te deponeer.

Sy het na bewering ‘n veel kleiner bedrag aan Nel betaal.

Die saak is tot later vandeesmaand uitgestel wanneer ‘n ooreenkoms, wat eers deur die staat en verdediging goedgekeur moet word, aan die hof voorgelê word.

Nel was in November 2006 saam met sy vriendin, Tanya van Niekerk, weens ’n reeks misdade, wat hulle regoor die land gepleeg het, in hegtenis geneem.

Hulle is as SA se eie ‘Bonnie en Clyde’ gedoop en 40 polisiekantore het hulle vir omtrent 70 misdade gesoek.

Lees ook: Christoff Becker transferred to Kokstad Prison

Hof wil nie Becker se dringende aansoek om parool aanhoor nie

Privileges revoked for Becker

Waterkloof-vier ma na bewering afgepers

Vir meer nuus, volg Rekord op Twitter of ‘like’ ons gerus op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button