CrimeNews

Video opname wys poging tot diefstal

Video opname wys hoe twee verneemde motordiewe ’n Toyota Tazz uit ’n erf in Gezina probeer steel.

Terwyl André Ferreira van Gezina Donderdagnag rustig gelê en slaap het, het twee motordiewe in sy erf rondgesnuffel.

’n Video wys hoe dié twee indringers by ’n Toyota Tazz inbreek.

“Dit is die derde geval waar die Tazz byna gesteel is. Gelukkig het ons voorsorgmaatreëls getref om die diefstal te voorkom,” het Ferreira gesê.

Die mans het albei voordeure oopgemaak, ingeklim en rondgesnuffel. ’n Paar sekondes later lyk dit of hulle moed opgee en uit die voertuig klim.

“Die mans het gelukkig nog die ordentlikheid gehad om die deure te sluit voordat hulle dit saggies toemaak. Hulle het niks anders gevat nie. Nadat hulle by die motor besig was, het hulle weer geloop en oor ons heining gespring en verdwyn,” het hy gesê.

Ferreira het gesê hy is dankbaar dat niemand nog by sy huis ingebreek het nie, hoewel hy in Oktober 2010 voor sy erf gekaap is.

“Mense moet paraat bly en sorg dat hul sekuriteit op datum is,” het hy gemaan.

Kaptein Coba Brits, polisie woordvoerder, het ’n saak van poging to motordiefstal bevestig.

Vir meer nuus, volg Rekord op Twitter of besoek ons gerus op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button