CrimeNews

Lyk naby bekende winkelsentrum gevind

Die lyk van 'n man is Vrydagoggend naby 'n bekende winkelsentrum in die Noorde van Pretoria gevind.

Die lyk van ‘n 29-jarige man is Vrydagoggend in ‘n veld naby die Wonderboom Junction-winkelsentrum gevind.

Sinoville-polisiewoordvoerder Mirna Von Benecke sê die oorsaak van sy dood is nog onbekend: “Ons is tans besig met ‘n ondersoek om te bepaal wat die oorsaak van sy dood is.” Sy sê die Sinoville-polisiekantoor is omstreeks 09:00 na die toneel ontbied, maar hulle kon ook nog nie vasstel hoe lank die man al dood is nie.

Die man het by ‘n plaaslike sake-onderneming in die gebied gewerk.

Vir meer nuus, ‘like’ Rekord op Facebook of volg ons op Twitter.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button