CrimeLocal newsNews

Man doen hom voor as polisiebeampte

'n Man wat homself as 'n polisiebeampte voorgedoen het is ná 'n wilde jaagtog in hegtenis geneem.

‘n Man wat homself glo as ‘n polisieman voorgedoen het, is na ‘n wilde jaagtog by die fonteine deur die polisie voorgekeer en in hegtenis geneem.

Die 24-jarige man is omstreeks 08:30 by ‘n ongelukstoneel opgemerk waar hy oënskynlik sy vriendin wou help, wat in ‘n ander motor in ‘n ongeluk betrokke was. Toe hy die polisie sien, het hy weggejaag in sy motor met ‘n blou lig. Die polisie het hom agterna gesit.

Nog polisiemotors is per radio ontbied en die man is by die fonteine tot stilstand gedwing. Die polisie het twee skootrekenaars, gimnasium-toerusting en meer as vier kiste vol Sissy Boy skoene in die bak gekry. Die man kon nie ‘n bevredigende verduideliking van die blou lig of die goedere gee nie.

Hy het gesê dat dit sy vriend se motor is en dat hulle soms motors uitruil. Sy vriend is ontbied en het erken dat dit sy motor is. Die vriend kon nie sê waar die blou lig en die goedere vandaan kom nie.

Die motorbestuurder is in hegtenis geneem en word daarvan aangekla dat hy homself as ‘n polisieman voorgedoen het. Die polisie het op die motor beslag gelê en die moontlikheid word ondersoek dat die motor in ander diefstal- en rooftogte gebruik is.

Vir meer nuus, volg ons op Twitter of besoek ons op Facebook.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Rekord in Google News and Top Stories.

Back to top button